Wagtyd

Wagtyd 歌词

专辑Jy Vir My
年份2003
流派Forro
时长3:41
原文语言AF
浏览量303
歌词坐标

原文歌词

AF
暂时没有翻译,当前显示原文歌词。
18
Ek kan net sê ek het vir jou gewag Deur westerse nagte By haltes In lane By gragte Op vliegvelde En die galg van trane Jy het gekom Deur die verlore stede van Europa Ek het jou herken Ek het die tafel gedek Met wyn met brood met genade Maar jy het onverstoord jou rug gekeer Jy het jou voël afgehaal Dit op die tafel neerlgelê En sonder om te praat Met jou eie glimlag Die wêreld verlaat En ek sou wil skryf Sou wil sing Oor die einde die begin Oor die liefde die kom en die liefde die gaan Oor die verlang die verdwyn Oor die woorde die bly bestaan Olyf reise Bome water Jy met jou liggaam van varings Dromend in my arms digby die Seine Met jou liggaam van wit gewels Met jou liggaam van bitter son In Barcelona Agter die stiergevegte Die siëstas van jou oë Reise van stilte Reise van mure Reise van marmer Koeplette van klein Harde woorde vergaan Maar jý Dromend in water varings en son In my arms digby die Seine Gaan héén Bevrug die aarde En skryf en sing Oor die einde die begin Oor die liefde die kom en die liefde die gaan Oor die verlang die verdwyn Oor die passie die bestaan Oor die woorde die bly bestaan