Meneer Ex

Meneer Ex 歌词

年份1997
流派Rock Roll
时长2:55
原文语言AF
浏览量220
歌词坐标

原文歌词

AF
暂时没有翻译,当前显示原文歌词。
18
Wanneer 'n liefde jou verlaat is jy die pad 'n tydlank kwyt en daarna loop dit uit op haat of growwe onverskilligheid. So gaan dit met ons al die tyd, buiten met een, die man wat hom aan al's herinner sonder spyt: hy het 'n ex in elke stad. Vir die een dra hy met sagte stem so graag 'n vers voor van Villon, 'n ander het 'n kind van hom vir wie hy lief is soos die son. Die oues is ook glad nie kwaad as hy opnuut 'n nuwe vat: hy het 'n doel op elk' perron, hy het 'n ex in elke stad. Hy sterf. In erg verwaande rou staan al die ex'e by sy graf en ieder dink: ek was dié vrou, dié vir wie hy die liefste was. Hul stap saam in die paadjie af en daar op die geseënde pad kom skielik argumente los. Toe gaan elk na haar eie stad. Maar aan die einde van die laan bly daar so uitgevat een staan: na wie sou sy vandag wil gaan? Sy het 'n ex in elke stad.