歌词坐标
AF原文歌词
暂时没有翻译,当前显示原文歌词。
Uit hierdie valkenburg het ek ontvlug
En dink my nou in gordonsbaai terug:
Ek speel met paddevisse in 'n stroom
En kerf swastikas in 'n rooikransboom
Ek is die hond wat op die strande draf
En dom-allenig teen die aanwind blaf
Ek is die seevoël wat verhongers daal
En dooie nagte opdis as 'n maal
Die god wat jou geskep het uit die wind
Sodat my smart in jou volmaaktheid vind
My lyk lê uitgespoel in wier en gras
Op al die plekke waar ons eenmaal was.




