'n Teer Gevoel

'n Teer Gevoel lyrics

Year1997
Duration2:40
Original languageAF
Views616
Lyrics coordinates

Original lyrics

AF
Translation not available yet. Showing the original lyrics.
18
Ek koester steeds 'n teer gevoel vir elke gek, vir elke dwaas wat heeldag leeglê sonder doel van elke daad volledig baas Ek koester steeds 'n teer gevoel vir elkeen wat hom luidkeels uit die kompromis beskou as bluf vir wie die groep sy deure sluit Ek koester steeds 'n teer gevoel vir hulle wat die lewe troef en as die waarheid drome tart klink hulle lag 'n bietjie droef Ek koester steeds 'n teer gevoel vir elke man, vir elke vrou wat in volkome weerloosheid 'n ander liefhet en vertrou Ek koester steeds 'n teer gevoel vir elke man, vir elke vrou wat in volkome weerloosheid 'n ander liefhet en vertrou