Lisa Se Klavier

Lisa Se Klavier 歌詞

ジャンルRock Roll
時間5:02
原文言語AF
閲覧数507
歌詞座標

原文歌詞

AF
翻訳はまだありません。原文を表示しています。
18
Ek het 'n vriendin Ver by die blou see Teen die hang van tafelberg as die son sak Speel sy die mooiste melodieë Haar vingers ken die pad Opgesluit in wit en swart Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange Verstaan die hart se diepste smart Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide Van lisa se klavier Lisa kan nie ophou As sy eers begin het nie En sy laat my nooit huis toe loop of afskeid neem Voor my laaste sigaret nie Ek staan op haar balkon En drink haar appelkoostee Kyk uit na kaapstad in die nag Die liggies en die swart, swart see Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide Van lisa se klavier En onder op die sypaadjie Sien ek die bergie en sy maat Wat staan en opkyk ver na bo Vanuit die vullis van oranjestraat Hulle ken al lank die klanke Wat uit haar woonstel stroom Lank na twaalf, met die deure oop, al moan die bure ookal hoe Word lisa elke boemelaar se droom Ja, die hele wêreld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide Van lisa se klavier