Coordinate del testo
AFTesto originale
Traduzione non ancora disponibile. Mostriamo il testo originale.
Ek herhaal jou
Sonder begin of einde
Herhaal ek jou lichaam
Die dag het 'n smal skadu
En die nag geel kruise
Die landskap is sonder aansien
En die mense 'n ry kerse
Terwyl ek jou herhaal
Met my borste
Wat die holtes van jou hande namaak




